Ouer Onderwysers Vereniging (OOV)
Die Ouer Onderwysers Vereniging bestaan uit ouers van leerders en opvoeders van die skool.
Die doelstelling van die OOV is tweeledig, nl. om ‘n gesonde verhouding en bande tussen ouers en onderwysers te bevorder en tweedens om fondse te genereer vir projekte waarvoor die skool geld nodig het.
Dis ook vir ons belangrik om ouers te kry om tot die skool by te dra- nie net finansieel nie, maar ook hul tyd, talente en gawes.
Dit baat ons kinders as hul, hul ouers betrokke sien by hul skoollewe – dit maak hulle “deelnemers”.
Die Beheerliggaam van die skool stel elke jaar ‘n teikenbedrag vas waarvoor die OOV dan, in samewerking met die ouers, werk. Alle fondse word in die skool se bankrekening inbetaal. Ouers word op hoogte gehou van hoe die fondse aangewend word.
- OOV-verteenwoordiger woon alle vergaderings by om insette te lewer en raad te gee t.o.v. fondsinsamelingsprojekte.
- Verantwoordelik vir die sluit van skool na vergaderings en funksies.
- Verantwoordelik vir briewe i.v.m. betrokke projekte wat uitgaan na die ouers.
- Moontlike projekte van OOV:
- Flinkspel
Leerlinge ontvang borgvorm; Ouers borg leerlinge per woord; Leerlinge skryf speltoets; Gelde word inbetaal vir korrek gespelde woorde.
Wenners: Klas wat die meeste geld insamel. Leerder wat die meeste geld insamel.
- Basaar
Gewoonlik op ‘n Vrydagmiddag in die derde kwartaal einde Aug/begin Sept. Tafels in graadverband. Ouers is meer in beheer van die reëlings. Personeel help met briewe aan ouers en motivering van kinders. Genoegsame bemarking voor die tyd. Die hele personeel is betrokke tot die einde.
- Damestee
Gewoonlik begin/middel Oktober; Ouers reël gasspreker en alles wat daarmee saam gaan. Elke tafel het ‘n gasvrou wat verantwoordelik is vir die opmaak van die tafel.
- Sportdae
Ouers reël verkope vir sportdae wat tuis plaasvind.