GR. R

Die Graad R-leerders dra hul eie uniform wat by die skool se klerewinkel beskikbaar is. Leerders dra hul maroen kortbroeke, navy hempies en warm sweetpakke regdeur die jaar. Hulle kan aantrek volgens die weer en selfs deur die loop van die dag kleredrag verander soos dit warmer of koeler raak. Daar is ook ‘n maroen skoolreënbaadjie beskikbaar vir reëndae.

 

Wit tekkies en skoolsokkies word saam met hul uniform gedra en is verpligtend. Ons verwag van leerders om soggens met hul tekkies op te daag vir skool. Hulle mag wel deur die loop van die dag hul tekkies uittrek. Ons moedig hulle aan om eerder kaalvoet te klim en klouter.