SKOOLDRAG

LET WEL: Slegs twee soorte drag, nl. winter- en somerdrag word toegelaat. Geen sweetpakke of truie word in die plek van die baadjie toegelaat nie.

SOMER: (1ste en 4de kwartaal)

SEUNS:

Grys kort- of langbroek. Wit oopknoophemp sonder das met skoolwapen op die sak. Laasgenoemde is verpligtend.

DOGTERS:

Wit oopknoophemp sonder das. Maroen skoolrok, kort wit sokkies. Sokkies moet een keer omgeslaan word.

SAAL

Gedurende die somer is die dra van die kleurbaadjie verpligtend tydens saalbyeenkomste. Seuns moet hul baadjies toeknoop.

WINTER: (2de en 3de kwartaal)

SEUNS:

Skoolkleurbaadjie met wapen is verpligtend. Skooldas is verpligtend. Dasse moet netjies gebind wees. Swart skoolskoene, verkieslik die sg. "Toughees". Maroen skooltrui mag onder die baadjie gedra word.  Gewone wit langmou- of kortmouhemp (met ‘n kraagknoop) word gedra. Grys kort- of langbroek. Grys skoolkouse met skoolkleure by omslag moet gedra word. Die skoolkouse moet onder die knie opgetrek wees.

DOGTERS:

Skoolbaadjie met wapen is verpligtend. Skooldas is verpligtend. Dasse moet netjies gebind wees. Swart skoolskoene (toeryg of met bandjie), verkieslik  "Toughees". ‘n Maroen skooltrui mag onder die baadjie gedra word. Maroen skoolrok (verkieslik van tetrexmateriaal) met maroen broekie. Skoolrok mag nie hoër as 8cm bokant die knie wees nie. Lang grys skoolkouse (met skoolkleure by omslag), of grys broekiekouse (die sg. "geribde" of "dowwe opaque"). Broekiekouse mag in die winterkwartale gedra word, wit langmou- of kortmouhemp met skerppuntkragie en skooldas. Geen grys of swart sykouse nie.

 

SPORTDRAG (GR1-7): VERPLIGTE ITEMS

U word versoek om die Klerewinkel te besoek vir die aankope van u seun/dogter se sportdrag