Laerskool Newtonpark

Switch to desktop Register Login

Tuis


Hartlik welkom by Laerskool Newtonpark se webtuiste. Ons is ‘n trotse Afrikaanse skool met ‘n ryke geskiedenis. By Laerskool Newtonpark glo ons dat uitnemendheid by omgee begin. Kom kuier by ons en ervaar eerstehands hoe kinders in ‘n positiewe omgewing tot hul volle potensiaal ontwikkel word.

Die etos van die skool rus op vier pilare, naamlik: geestelik, akademie, sport en kultuur. Ons kan met trots sê dat al vier pilare in ons skool ewe sterk staan.

Gebruik die webwerf om meer uit te vind oor ons pragtige skool en kinders.  Ek is oortuig daarvan dat Laerskool Newtonpark beslis ‘n positiewe verskil aan u kind kan maak..

As vennote in die opvoeding van u kind, glo ons dat ons saam met u ons beste sal gee sodat u kind(ers) hul(le) volle potensiaal kan bereik met die hulp van ons Hemelse Vader.

J.J. PIENAAR
SKOOLHOOF

© Copyright 2015 Laërskool Newtonpark | Green Room - Growing ideas since 1999

Top Desktop version